Top-beoordelaars vir 2014 Pendoring-ReklametoekenningsMet die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 2014 Pendoring-Reklametoekennings oor minder as 'n maand, 21 Julie om presies te wees, is die samestelling van die beoordelaarspaneel gefinaliseer en sluit dit, soos altyd, 'n uitgelese span kundiges in. Beoordeling vind op 21, 22 en 23 Augustus 2014 plaas. Die finaliste word op 5 September 2014 bekendgemaak. Die beoordelaars verteenwoordig die room van die land se skeppendes asook die voorste en mees bekroonde agentskappe in Suid-Afrika en oorsee. FCB, Ogilvy en Joe Public het onlangs almal toekennings van Tony Koenderman se AdReview ontvang waar Joe Public met die louere weggestap het as Agentskapgroep van die Jaar. Só sê Gary Stroebel, Pendoring-direksielid en uitvoerende hoof van OFM, ? Pendoring-borg. "Met enige groot toekenningsgeleentheid is dit die keuringsproses en beoordelaars wat die toekennings die moeite werd maak. Vanjaar is die Pendoring-Reklametoekennings weer eens trots op die wêreldgehalte-reklameskeppers wat as beoordelaars gekies is. Met hierdie paneel kan ons seker wees dat enige erkenning aan skeppende werk welverdiend en van die hoogste gehalte sal wees." Ook van FCB, maar van die Johannesburgse agentskap, is besturende direkteur Alistair Mokoena. Hy sê die Pendoring-Reklametoekennings is betekenisvol juis omdat dit noodsaaklik is om te besef ons lewe in 'n diverse gemeenskap. "En dit is in hierdie gemeenskap waar reklame in die taal van die ontvanger gekonseptualiseer en gelewer Mokoena gaan ook op die uitkyk wees na outentieke inskrywings. "Wees eg, betoon respek vir die ontvanger, neem sonder vooroordeel deel en laat jou werk 'n hartlike viering van die ontvanger se wêreld wees," is sy raad aan voornemende deelnemers. Die Umpetha-toekenning (vir die beste advertensie in die Eg Suid-Afrikaanse afdeling) is verlede jaar toegeken aan Black River FC en vanjaar is die agentskap se uitvoerende skeppende hoof, Ahmed Tilly,'n beoordelaar. Soos Barnwell en Mokoena is Tilly ingenome om 'n beoordelaar te wees. "Dit is veral die Eg Suid-Afrikaanse afdeling wat die Pendoring-toekennings in 'n gerekende toekenningsgeleentheid wat eg Suid-Afrikaanse werk bekroon en erken, laat ontwikkel het. Pendoring moedig ook agentskappe aan om idees te skep wat relevant is vir mense binne die landsgrense en die draak steek met unieke Suid-Afrikaanse nuanses en kulturele insigte." Benewens 'n eg Suid-Afrikaanse tekstuur, gaan Tilly ook soek na vars, waagmoedige en ikoniese werk. "Die werk wat my opgewonde maak, is dié soort waarna daar nog ver die toekoms in verwys gaan word." Die beoordelaars vir die 2014 Pendoring Reklametoekennings - Afrikaanse afdeling - is:Mike Barnwell, uitvoerende skeppende hoof, FCB Kaapstad Die beoordelaars vir die Eg Suid-Afrikaanse afdeling is:Rob McClellan, uitvoerende skeppende hoof, King James II Sluit aan by die Pendoring Facebookgroep of volg @Pendoring_ op Twitter en gebruik die hutsteken #Pendoring. Vir meer inligting oor die toekennings of oor hoe om in te skryf, besoek www.pendoring.co.za. Borge:Platinum: Ads24, ATKV, kykNET, Media24
| ||